Plaas 'n eetlepel jogurt onderin elke glasie en volg deur 'n skeppie vrugte en granola. Herhaal die lagies en maak al die glasies vol. Drup 'n teelepel heuning bo-oor elkeen. 

Heuning-granola

Lewer sowat 1 kg

Bereiding: 15 min.

Bak: 25-30 min.

  • 500 ml (2 k) growwe hawermout 
  • 500 ml (240 g) fyn hawermout 
  • 180 ml (¾ k) gevlokte amandels 
  • 180 ml (¾ k) pekanneute
  • 180 ml (¾ k) pampoenpitte 
  • 180 ml (¾ k) sonneblom-sade 
  • 60 ml (¼ k) sesamsaadjies 
  • 250 ml (1 k) heuning 
  • 250 ml (1 k) sonneblomolie

Voorverhit die oond tot 150 °C.

  • Gebruik 'n groot mengbak en meng al die droë bestanddele goed deur.
  • Plaas die heuning en sonneblomolie in 'n swaarboomkastrol oor matige hitte en roer tot die heuning gesmelt is en die mengsel bymekaarkom. 
  • Meng die warm mengsel by die droë bestanddele in.
  • Versprei die granola eweredig op die bakplaat en bak ongeveer 25-30 min.
  • Breek die stukkies granola los van mekaar wanneer dit afgekoel is. Bêre in 'n lugdigte houer. 
  • Resep deur Martjie Malan
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.