Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 12  holtes van 'n muffinpannetjie deeglik met kossproei. 

  • Sny 6 repies spek in die helfte en plaas plat op die bodem van elke holte.
  • Gebruik 'n lang repie en rangskik al om die kant; dit vorm die nessie waarin die eier gaan lê.
  • Breek 'n eier versigtig in elke holte. 
  • Bak 15-20 min. in die oond tot die eierwit gestol en die spek bros is.
  • Besprinkel met sout en peper. Sit voor saam met geroosterde broodjies.
  • Resep deur Martjie Malan
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.