30 min.
8-12 groot skons
10-15 min.
Bestanddele
- Skons
- 500 ml (2 k) bruismeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
- 60 ml (¼ k) botter
- 1 eier
- 160 ml (²/3 k) amasi melk, om bo-oor te verf
- Fyn avokado
- 2 avokado’s
- 2 stingeluie, gekap
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- sout
- Vir voorsit
- brosgebraaide spek
- geposjeerde eiers
Metode

Voorverhit die oond tot 220 °C. Bestrooi ’n groot bakplaat liggies met meel.
- Skons: Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.
- Klits die eier en amasi saam en giet in die holte van die meelmengsel. Meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef. Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk liggies tot ’n bal vorm; moenie knie nie.
- Rol die deeg uit tot 2 cm dik. Druk sirkels (of enige ander vorm wat jy verkies) met ’n glas of koekiedrukker uit en pak op die bereide bakplaat.
- Verf die skons liggies met die melk en bak 10-15 min. of tot goudbruin, uitgerys en gaar. Haal uit die oond en pak die skons op ’n draadrak om af te koel.
- Fyn avokado: Druk die avokado’s fyn en meng die stingeluie en suurlemoensap deur. Geur met die sout na smaak.6 Vir voorsit Breek die skons oop en skep van die avokado bo-op. Pak ’n paar stukkies spek en ’n geposjeerde eier bo-op elk en sit voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET