• Dukka: Rooster al die bestanddele, behalwe die sesamsade, sowat 2 min. in ’n warm pan. Laat afkoel en meng in ’n voedselverwerker. Rooster die sesamsade en voeg by; laat staan eenkant tot jy dit benodig. 
  • Slaai: Meng die tahini, suurlemoenskil en -sap, water, jogurt en knoffel in ’n klein bak. Geur na smaak met die sout en swartpeper. Voeg die spinasie by en meng goed. Laat staan eenkant tot jy dit benodig. 
  • Vir afronding: Verhit ’n bietjie botter in ’n kleefvrye pan. Braai die eiers en geur met die sout en peper. Braai volgens smaak. 
  • Sit die slaai voor in die warm tortillas met die eiers en dukka bo-op. 
Wenk
Voeg gaar worsies vir ’n vleisgeur by dié reeds smullekker taco’s. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!