Voorverhit die oond tot 230 °C.

  • Braai die spek tot bros en hou eenkant.
  • Klits elke eier afsonderlik, geur met die sout en peper en hou eenkant. 
  • Verhit ’n kleefvrye pan oor matige hitte en voeg sowat 5 ml (1 t) botter by. Sodra die botter gesmelt het, giet ’n geklitste eier in en braai weerskante om ’n omelet te maak. 
  • Strooi ’n bietjie gerasperde kaas bo-oor die omelet en vou in die helfte. Skep uit die pan en herhaal met die oorblywende eiers. 
  • Sny die croissants oop, plaas ’n skyf kaas op die onderste deel van die croissant, gevolg deur die spek, die omelet en nog een kaasskyf. Plaas die onderkante op ’n bakplaat en rooster 3-6 min. tot die kaas gesmelt is.
  • Vir voorsit: Verhit die kaasworsies volgens die aanwysings op die verpakking en sit voor saam met die bone en die croissanttoebroodjie

WENK

Vervang die spek met enige kouevleis. Gebakte eiers of ­roereier pleks van die omelet werk net so goed.