Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n oondvaste bak.

  • Klits die eiers, suiker, ingedampte melk, sout en vanielje­geursel saam.
  • Pak die croissants in die bak, sprinkel die sultanas of bosbessies oor en dan die klapper en amandelvlokkies of pekan­neute.
  • Giet die eiermengsel oor. Laat minstens ’n halfuur of oornag staan. Bak sowat 30-40 min. tot goudbruin en tot die eiermengsel gestol het. Sit voor saam met sjokolade­sous.
  • Sjokoladesous: Plaas al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer oor stadige hitte met ’n houtlepel tot die sjokolade gesmelt het. 

Wenk: As jy nie croissants het nie, gebruik gewone witbrood, sny die korsies af, smeer met botter en plak op mekaar.