Hou 2 middelslagflesse byderhand.

  • Meng die hawermout, saadjies en kookwater in 'n mengbak.
  • Roer die grondboontjiebotter, heuning en sout deur. Giet die melk by en verdeel tussen die 2 flesse.
  • Vir bêre: Verseël die flesse goed en laat staan oornag of tot 3 dae in die yskas.
  • Vir afronding: Roer die hawermout goed, skep in bakkies en rond af met die aarbeie of ander vrugte, indien verkies.
Wenk
'n Mens kan die hawermout ’n heerlik verleidelike sjokoladegeur gee. Meng net 30 ml (2 e) kakao by die hawermout in.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.