• Rosti’s: Rasper die patat in ’n vergiettes en meng die sout deur. Laat 10 min. staan en druk oortollige vloeistof uit die patat uit. Skep die gedreineerde patat in ’n mengbak. Voeg die tiemie, peper, rissie, eier en koek- of klappermeel by. Meng goed.
  • Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en skep hopies van die mengsel in die pan. Druk elke hopie liggies platter en braai oor matige hitte tot die rosti’s onder goudbruin is. Draai versigtig om en braai tot gaar.
  • Afronding: Bring ’n klein kastrol water tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die water net ligweg borrel. Giet die asyn by.
  • Breek een van die eiers in ’n glas en giet versigtig in die water. Stoot die eierwit nader aan die eiergeel met ’n metaal­lepel indien nodig. Breek die ander eiers ook en herhaal die proses. Po­sjeer die eiers 2-3 min. of tot gaar soos verkies. Skep met ’n gaatjies­lepel uit en dreineer.
  • Pak ’n paar rosti’s op ’n bord en sprinkel van die spinasie of kruie oor. Pak een of twee eiers bo-op en sit voor saam met die avokado en suurlemoenwiggies.