• Klits die eiers, room, sout en peper saam in ’n bak en laat staan eenkant.
  • Verhit die olie en botter in ’n groot braaipan en braai die gerookte Russiese worsies tot bruin en deurgaar. 
  • Verwyder van die hitte en laat staan eenkant.
  • Braai die ui in dieselfde pan tot sag, voeg die eiers by en laat dit effens stol voor jy begin roereier maak.
  • Voeg die Russiese worsies by saam met die tamatiekwarte en fetakaas en meng goed met die roereier.
  • Sit warm voor op roosterbrood of net so met gekapte basilie.