Braai die ui, soetrissies, knoffel en brandrissie saam met die komyn in die olie.

  • Voeg die tamatie-en-uiemengsel en die gekapte koljanderblare by en laat 10 min. prut.
  • Geur na smaak met die sout en peper.
  • Maak ses holtes in die mengsel en breek ’n eier in elke holte.
  • Sit die pan se deksel op en laat die eiers stol soos jy daarvan hou.
  • Sprinkel die suurlemoensap en vars koljander oor en sit voor saam met skywe avokado.