Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n diep oondbak byderhand.

  • Sit die hawermout, Rice Krispies, neute, sonneblompitte en vlassade saam in ’n groot mengbak.
  • Meng die heuning en klapperolie goed en voeg by die hawermoutmengsel.
  • Versprei die mengsel in die oondbak.
  • Bak die granola 15 min. Roer goed en bak nog 5 min. Skep die granola uit en laat heeltemal afkoel.
  • Meng die sjokolade deur en bêre in lugdigte houers.