10 min.
4
30 min.
Bestanddele
- Gestoofde vrugte
- 500 g gemengde droëvrugte
- 500 ml (2 k) sterk rooibostee
- 1 kaneelstokkie
- 30 ml (2 e) heuning
- ’n skeut suurlemoensap
- Mieliepap
- 375 ml (1 ½ k) mieliemeel
- 2,5 ml (½ t) sout
- 30 ml (2 e) botter
- 60 ml (¼ k) amasi
- Afronding
- 125 ml (½ k) amasi
- 30 ml (2 e) donkerbruinsuiker
Metode

- Gestoofde vrugte: Plaas die vrugte in ’n glasbak en bedek met die rooibostee. Laat week die vrugte oornag tot uitgeswel.
- Plaas die vrugte saam met die res van die bestanddele in ’n kastrol en laat prut 15-20 min. oor ’n matige hitte of tot die vrugte sag is.
- Mieliepap: Berei die pap volgens die aanwysings op die verpakking. Roer die sout, botter en amasi deur die pap.
- Afronding: Skep die pap in bakkies op en plaas die vrugte bo-op. Giet die amasi oor en besprinkel met die bruinsuiker. Sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg
Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken
gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET