• Verhit die olie in ’n pan en braai die spek tot bros. Hou die helfte van die spek eenkant en kap die res rofweg op.
  • Verhit die water, melk en sout in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die mieliepap by en klits goed met ’n ballonklitser tot al die klonte weg is. Laat 10-15 min. oor ma­tige hitte prut of tot die pap dik en gaar is (die pap moenie te styf wees nie). Roer af en toe om klonte te voorkom.
  • Roer die kaas, gekapte spek en heuning by en verdeel tussen vier bakkies.
  • Vir voorsit: Drup nog heuning oor die pap, pak die res van die spek bo-op en garneer met die basilie. Sit dadelik voor.