Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit drie middelslagbroodpanne goed met kossproei.

  • Klits die botter en jogurt goed saam.
  • Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng.
  • Voeg die res van die bestanddele in ’n groot bak en meng liggies.
  • Maak ’n holte in die middel en voeg die jogurtmengsel by.
  • Meng met ’n houtlepel tot goed gemeng – gebruik jou hande om te meng as die deeg te stewig raak.
  • Breek okkerneutgrootte balletjies van die deeg af en pak knus teen mekaar in die broodpanne.
  • Bak 45-60 min. of tot ligbruin en deurgaar en ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
  • Laat die beskuit 10 min. in die panne ­afkoel.
  • Verlaag die oondtem­peratuur tot 60 °C en ­sit die oondwaaier aan.
  • Keer die beskuit uit en breek die balletjies van mekaar af.
  • Pak die beskuit in ’n enkellaag op die oondrakke en laat 6-7 uur of oornag uitdroog.
  • Haal die beskuit uit die oond uit, laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.