Hou 'n wafelmasjien byderhand en bespuit met kossproei.

  • Meng die bruismeel, sout en patats liggies in 'n mengbak.
  • Klits die melk, eiers, vanielje en olie saam en voeg by die meelmengsel. Klits tot goed gemeng. Bedek en laat minstens 30 min. staan.
  • Verhit die wafelpan en skep van die beslag daarin. Braai tot gaar en herhaal tot die res van die mengsel op is. Laat die wafels op 'n draadrakkie afkoel.
  • Vir bêre: Sny die wafels in porsies, pak stukkies bak- of waspapier tus­senin en draai toe in kleefplastiek. Vries tot 'n maand of hou tot 'n week in die yskas.
  • Vir voorsit: As die wafels bevrore is, haal dit reeds die vorige aand uit die vrieskas en laat dit in die yskas ontdooi. Maak die wafels in ’n broodrooster warm en sit voor saam met heuning, indien verkies.
Wenk
As jy nie 'n wafelmasjien het nie, kan jy dieselfde beslag gebruik en eerder plaatkoekies bak.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.