Voorverhit die oond tot 180 °C.

Meng die olie, heuning en suurdeegplantjie.

Meng al die ander droë bestanddele behalwe die klapper en rosyne/vrugte.

Meng die suurdeegmengsel deur die droë bestanddele en maak seker dat alles goed aangeklam is.

Versprei op ’n bakplaat en bak ongeveer 20 min. tot droog en effe gerooster.

Rooster die klapper apart, want dit rooster baie vinniger as die ander bestanddele en kan dalk brand.

Loer ná 20 min. na die granola en draai dalk om indien nodig. (Onthou dat die granola harder word namate dit afkoel; moet dit dus nie te donker laat bak nie.)

Laat afkoel en breek in stukke.

Voeg die klapper en vrugte by en meng goed deur.

Bêre in ’n lugdigte fles en geniet dit.

Resep: Ciska Rossouw