Bestanddele
- 250 ml (1 k) suurdeeg- plantjie
- 15 ml (1 e) melk
- 1 eier
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- sout en peper na smaak
- BOLAE
- tamatiepesto
- kaas, kouevleise en roketblare
- OF
- gaar spek, kaas en heuning
Metode

Meng al die bestanddele goed met ’n ballonklitser of ’n lepel.
Maak ’n pan matig warm en skep eetlepels van die deeg in die pan, sowat 4 per slag.
Draai ná ’n minuut om of wanneer blasies op die oppervlak vorm. Bak nog ’n minuut. Herhaal met die orige deeg.
Bolae
Sit voor saam met bolae van jou keuse: Smeer tamatiepesto oor en stapel skywe kaas, kouevleis en roketblare bo-op. Net so lekker saam met spek, kaas en heuning.
Resep: Ciska Rossouw
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET