Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou 'n groot oondplaat byderhand.

  • Meng alles goed en versprei op die oondplaat.
  • Bak 5 min. in die oond; roer die mengsel goed. Bak weer 5 min.
  • Roer die mengsel weer en bak nog 5 min.
  • Haal die oondplaat uit die oond en laat die ontbytpap heeltemal afkoel. Roer af en toe.
  • Vir bêre: Skep die afgekoelde ontbytpap in 'n groot fles en verseël goed. Bêre tot 'n maand in 'n koel, donker plek.
  • Vir voorsit: Sit die pap voor saam met die jogurt en bessies of melk en bessies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.