Voorverhit die oond tot170 º C. Voer ’n groot bakplaat met tinfoelie of bakpapier uit.

Meng die hawermout, klapper, sonneblom­sade, amandels en pampoensade in ’n groot bak. Voeg die kaneel en sout by en meng goed deur.

Meng die suiker en olie in ’n glasbeker, giet oor die hawermoutmengsel en meng goed deur met jou hande.

Skep die muesli op die bereide bakplaat, versprei egalig oor die plaat en bak 30 min. of tot goudbruin. Roer gereeld met ’n houtlepel om te verhoed dat dit aanbrand. Verwyder uit die oond en laat afkoel.

Afronding

Meng die vrugte by en skep in gepaste houers.

Opdienvoorstel

Skep ’n bietjie jogurt in ’n fles of bakkie, pak vars vrugte soos stukke pynappel, aarbeie en piesang bo-op en sprinkel ruimskoots van die muesli oor. Rond af met heuning indien verkies.