1. Reusagtige eggs benedict-broodjie
Dié oorgroot broodjie is ’n heerlike variasie op die bekende eggs benedict wat met salm en Engelse muffins gemaak word. Dis lekker vir 'n vullende ontbyt of ligte middagete.
2. Eierkerrie
’n Heerlik geurige kerrie wat 'n mens gou-gou aanmekaarslaan. Dis ideaal vir aandete.
3. Pof-omelet
Dié pan-omelet word opgepof deur die eierwit eers styf te klits en die vulsel mooi oopgesig daarop te laat lê. Dis ’n lekker naweekontbyt.
4. Mediterreense sjaksjoeka
Die gewilde Midde-Oosterse tamatie-en-eier-smoor se geure word 'n bietjie getem en in 'n matiger Mediterreense styl voorgesit.
5. Suurlemoenmeringue-koppies
Dié suurlemoenmeringuetert word so voorgesit dat dit kompleet soos klein nessies lyk. Die vulsel is egte suurlemoensmeer.
Eiers is ryk aan noodsaaklike voedingstowwe. Dit wemel van vitamiene en minerale, onder meer cholien, wat baie belangrik is vir selbou en ’n gesonde senuweestelsel.
Een eier bevat 6 g proteïen en 5 g goeie vet asook belangrike aminosure in die ideale verhouding.
Hoewel die cholesterolvlakke hoog is (meestal is dit die “goeie cholesterol” HDL – hoëdigtheidslipoproteïen), is vasgestel dat dit nie die bloedcholesterolvlakke van die meeste mense beïnvloed nie. Drie eiers per dag word nou as die nuwe norm beskou.
Die geregistreerde dieetkundige Mariza van Zyl bevestig dat 'n gesonde mens 2-3 eiers per dag kan geniet as deel van 'n gebalanseerde eetplan.
Ekstra bron: Healthline
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET