Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oond-bak.

  • Pak die brood op ’n bakplaat uit en bak 10 min. tot net effens uitgedroog. Sprinkel die brood in die bereide oondbak.
  • Klits die melk en eiers saam en geur met die geurmiddels. Voeg die helfte van die kaas by en giet die mengsel oor die brood.
  • Ekstras: Wissel die bestanddele af namate jy dit beskikbaar het. Verhit die olie en braai die uie, soetrissie en sampioene tot sag. Voeg die ham of chorizo by en roerbraai effens. Laat afkoel.
  • Skep die mengsel in die oondbak en sprinkel die pietersielie of koljander en die res van die kaas oor. Bedek en laat minstens ’n uur staan of oornag as jy dit vir ontbyt wil voorsit.
  • Bak 40 min. of tot gaar en uitgepof. Laat staan 10 min. en skep met ’n ­lepel uit.
  • Voorsit: Sit voor saam met die gebraaide tamaties of tamatiesous.