Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

Granola

  • Meng alles goed en versprei op die bakplaat.
  • Rooster 10 min., roer die granola deur en rooster nog 10 min. of tot goudbruin.
  • Verwyder uit die oond en laat heeltemal afkoel.
  • Bêre in ’n lugdigte houer tot nodig.

Plaatkoekies

  • Meng die droë bestanddele in ’n bak en maak ’n holte in die middel.
  • Klits die res van die bestanddele goed saam in ’n ander bak.
  • Giet die mengsel in die holte van die meelmengsel en klits tot die beslag goed gemeng en sonder klonte
    is.
  • Bedek en laat staan 30 min.
  • Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en skep hopies beslag in die pan.
  • Braai oor matige hitte tot die koekies alkant gaar is.
  • Herhaal tot die beslag op is.

Vir voorsit

  • Stapel die koekies bo-op mekaar.
  • Skep van die jogurt op, sprinkel van die granola oor en rond af met die bloubessies, lemoenskil en ekstra heuning.