• Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, maar behou 125 ml (½ k) van die kookvloeistof eenkant.
  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot sag en gaar. Voeg die helfte van die soetrissieblokkies by en roerbraai nog 2 min. Voeg die brand­rissies en knoffel by en braai nog 5 min.
  • Verlaag die hitte en roer die suurroom of jogurt by, gevolg deur die cheddar, biltong, pietersielie en basilie. Meng goed.
  • Voeg die pasta en die kookvloeistof by en verhit tot deurwarm. Geur met die suurlemoensap en -skil, sout en vars gemaalde peper.
  • Vir afronding: Skep die pasta in die bakkies en sprinkel van die orige soetrissie bo-oor. Garneer met vars basilie en sit voor.

Die biltong en basilie vul mekaar heerlik aan in dié pastagereg.