Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n diep middelslag-oondbak met kossproei.

  • Maalvleis: Verhit die olie en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig.
  • Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Giet die aftreksel en blatjang by. Verhit en laat prut tot die helfte van die vloeistof weggekook is. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vul die cannelloni-doppies met die maalvleismengsel en pak regop in die oondbak – indien verkies, stapel die cannelloni plat in die bak.
  • Afronding: Klits die melk, eiers en sout saam en giet oor die gevulde cannelloni-doppies. Pak die lourierblare op en oondbak 40-45 min. of tot die eiervla gestol en die pasta gaar is.
Wenk
As jy nie cannelloni-­doppies in die hande kan kry nie, gebruik lasagnevelle. Wissel lae van die maalvleis en lasagnevelle in ’n oondbak met mekaar af. Berei dan net ’n halwe hoeveelheid van die eiervla voor en giet oor die lasagne. Bak 45-50 min. tot gaar.


Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.