Eiervrug is ’n goeie plaasvervanger vir vleis in gebakte pastageregte vir vegetariërs.
4-6 eiervrugte, in skywe gesny
30 ml (2 e) olyfolie
45 ml (3 e) koekmeel
45 ml (3 e) botter
250 ml (1 k) melk
sout en peper na smaak
8 lasagnevelle
1 bottel (400 g) pastasous
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Pak die eiervrugte op ’n bakplaat en besprinkel met olie. Oondbraai 20 minute.
- Maak ’n witsous van die koekmeel, botter, melk, sout en peper.
- Kook die lasagnevelle tot al dente.
- Stapel die lasagne, eiervrug, pastasous en witsous op bordjies in lae op mekaar.
- Sprinkel die kaas oor en oondbraai tot goudbruin.
- Sit voor met ’n groenslaai.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET