Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondbak met botter.

  • Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt. Kook die lasagnevelle tot al dente en dreineer. Hou eenkant.
  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Verwyder van die hitte en roer die botterskorsie, fetakaas en biltong liggies by. Geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper.
  • Sous: Verhit die botter in ’n kastrol tot gesmelt. Roer die meel by en roerbraai ’n paar sek. Giet die melk bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend roer. Laat die sous prut tot dit verdik. Geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper.
  • Afronding: Plaas ’n lasagne­vel plat op ’n houtplank neer. Skep van die botterskorsie­vulsel oor die breedte van die een kant van die vel. Rol die lasagne in ’n rolletjie op en pak dit in die bak. Herhaal met die res van die velle en vulsel. Pak die rolletjies in die bak.
  • Giet die sous oor die rolle­tjies en sprinkel die feta- en mozzarellakaas bo-oor. Bak 15-20 min. of tot die kaas goudbruin is.