• Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die speserye tot die mosterd- saadjies begin skiet.
  • Voeg die uie, knoffel, brandrissie en gemmer by en roerbraai tot sag. Roer die masala by en braai tot geurig.
  • Voeg die rys by en roerbraai 5 min. Giet die aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 20-25 min. of tot die rys sag en gaar is – voeg nog water of aftreksel by as die rys te vinnig droogkook. Geur met die suurlemoensap en sout na smaak.
  • Amandelsprinkel: Meng al die bestanddele goed.
  • Vir voorsit: Verdeel die kedgeree tussen 6 bakkies en skep die amandelsprinkel bo-op. Pak die gekookte eiers bo-op en sit voor.