• Pesto: Giet kookwater oor die ertjies en laat 5 min. staan. Dreineer en hou eenkant.
  • Plaas die neute in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot fyn en voeg die knoffel by. Pols tot glad.
  • Voeg die res van die bestanddele asook 375 ml (1½ k) van die ertjies by en pols tot die roket fyngekap is. Geur met die sout na smaak.
  • Gnocchi: Bring gesoute water in ’n groot kastrol tot kookpunt. Kook die gnocchi tot dit begin dryf.
  • Verhit die botter in ’n groot pan en braai die knoffel tot geurig. Skep die gaar gnocchi uit die water direk in die botter. Roerbraai 1 min liggies.
  • Voeg die helfte van die pesto by en roerbraai 1 min. Giet ’n bietjie van die kookvloeistof by as die gnocchi te droog braai. Voeg die orige ­ertjies by.
  • Vir voorsit: Skep die gnocchi op ’n groot opdienbord. Sprinkel die pecorino oor en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Garneer met die peul­ertjies indien verkies en sit voor.