250 g linguine

125 ml (½ k) gerasperde parmesaankaas

sap en skil van 1 suurlemoen

4 hoenderborsies, gaargemaak en gepluis

100 g babaspinasieblare

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

  • Kook die linguine tot al dente en dreineer, maar hou 60 ml (¼ k) van die water.
  • Meng die pasta, oorblywende water, parmesaan, suurlemoensap en -skil. Meng die res van die bestanddele deur die pasta en laat ’n paar minute staan sodat die spinasie begin verwelk en die kaas smelt.
  • Sit voor saam met parmesaanskaafsels en geroosterde amandelvlokkies.