Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot oondskottel met kossproei.

  • Groentemoes: Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol, giet net genoeg koue water in dat die groente nie droog kook nie en kook oor matige hitte tot al die groente sag is. Dreineer in ’n vergiettes.
  • Witsous: Verhit die botter in ’n middelslagkastrol, voeg die meel by en roer. Voeg die melk bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die kaas by en roer tot die sous begin verdik. Geur met die sout en peper.
  • Afronding: Meng die fyn groente, witsous en gaar pasta. Skep in die bereide skottel, strooi die mozzarella oor en bak 20-25 min.

WENK

Voeg gaar, gepluiste hoender of gaar maalvleis by vir ’n vleisopsie.