Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak.

  • Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die spek en ui tot bros en bruin.
  • Voeg die alfredosous saam met die drie kase by en meng goed deur.
  • Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en voeg by die alfredo-­en-speksous. Meng goed deur tot al die pasta met die sous bedek is.
  • Skep die pasta in die bereide oondbak. Strooi die kaas en dan die kruie oor. Bak 20 min. tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
  • Sit voor saam met ’n eenvoudige, krakerige groenslaai.

Kies jou alfredosous

Basiese alfredosous

Alfredosous met drie kase

Alfredosous met blomkool

Watter soort pasta?

As die sous ryk is, kies dun pasta. Spa­ghetti, vermicelli, linguine en engelhaarpasta werk goed saam met souse met ’n room- of oliebasis. Of gebruik kort buise soos ons vir die gereg hierbo gedoen het.