Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.

  • Pasta: Verhit die botter in ’n kastrol. Verlaag die hitte en roer die meel by. Giet die melk geleidelik by terwyl jy aanhoudend klits. 
  • Roer die room, roos­maryn en biltongpoeier by en laat die sous prut tot verdik. Geur die sous met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Meng die sous en kaas deur die macaroni en skep in die oondbak.
  • Afronding: Sprinkel die cheddar, koljander en broodkrummels oor die pasta. Pak die biltong en roosmaryn bo-op en bak 20-25 min. of tot die kaas gesmelt het.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.