• Verhit die olyfolie en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte, voeg die ui en vinkel by en braai 4-5 min. of tot liggies goudkleurig voor jy die brandrissie, basilie, knoffel, tamaties, aftreksel en ’n knippie elk sout en peper byvoeg.
  • Braai nog 10 min. of tot die vinkel syagtig en sag is. Voeg die orzo en ’n ekstra 125 ml (½ k) warm water by sowat 8 min. voor jy dit voorsit.
  • Geur na smaak en maak met ’n bietjie ekstra water of aftreksel los net voor jy dit voorsit.
  • Garneer met die vars kruie en suurlemoenskil. Druk ’n bietjie suurlemoensap oor en sit dadelik voor saam met die gerasperde vars parme­saan of pecorino.