• Kook die linguine volgens die aan­wysings op die verpakking.
  • Verdeel die pasta tussen vier bakkies en skep die warm ­tamatiesous bo-oor. 
  • Strooi die pietersielie oor net voor jy dit voorsit. 
  • Rond die pasta af met skaafsels parme­saankaas, indien verkies. Vervang met gerasperde ­mozzarellakaas vir ’n goedkoper opsie.

VIR VLEISERIGE OPSIES:

  • Voeg 500 g gaar beesmaalvleis vir die laaste 10 min. van die gaarmaakproses by die sous.
  • Sny oorskiet­hoender in repies en voeg dit vir die laaste 10 min. van die gaarmaakproses by die sous.

Kies jou tamatiesous

Basiese tamatiesous

Romerige tamatiesous

Oosterse tamatiesous

Watter soort pasta?

Lang pastasoorte soos spaghetti, tagliatelle, fettuccine en pappardelle werk die beste saam met tamatie- of vleiserige souse. Groot skulp- en buisvormige pastasoorte is ook goeie keuses omdat dit die sous in hul holtes vasvang.