• Verhit die olyfolie oor ’n lae hitte in ’n pan. Voeg die knoffel by en verhit liggies tot die knoffel goed in die olie ingetrek het. Skep die knoffelstukkies uit.
  • Voeg die passata en die romatamaties by die olie en laat prut 20 min. oor matige hitte tot die sous verdik. Geur met die sout en peper en origanum.
  • Laat kook die pasta in genoeg gesoute kookwater tot al dente. Dreineer, maar moenie afspoel nie.
  • Roer die botter net voor jy dit voorsit deur die sous, voeg die pasta by en meng. Sprinkel die kaas oor.