10 min.
4-6
30 min.
Bestanddele
- 15 ml (1 e) olie
- 1 rooi-ui, in skyfies gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 100 g spek, gekap
- 300 g spinasie, fyngekap
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
- 1 x 250g-houer kruie-gegeurde roomkaas
- 250 ml (1 k) melk of room
- 500 g penne-pasta, gekook tot al dente
- sout en vars gemaalde peper
- Afronding
- 250 ml (1 k) mozzarella, gerasper
- 15 ml (1 e) olyfolie
- ’n hand vol vars kruie (opsioneel)
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n middelslag-oondbak of twee broodpanne met kossproei.
- Verhit die olie in ’n groot pan en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die spek by en roerbraai tot gaar.
- Voeg die spinasie by, sit ’n deksel op die pan en stoombraai 5 min. Haal die deksel van die pan af en roerbraai verder tot die spinasie verwelk is.
- Roer die suurlemoensap en -skil, roomkaas en melk/room by die spinasiemengsel en verhit. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
- Giet die sous oor die pasta en meng deur.
- Afronding: Skep die pastamengsel in die bak of broodpanne en sprinkel die kaas oor. Drup die olyfolie oor en oondbak 15-20 min. of tot die kaas gesmelt is.6 Sprinkel kruie oor indien verkies en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg
Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET