• Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die sam­pioene en soetrissie by en roerbraai tot sag.
  • Voeg die gaar pasta en pesto by en meng goed.

Wenk: Vir ’n nievegetariese pasta, skeur 70 g prosciutto in stukke en sprinkel oor die pasta net voor opdiening.

Kies jou pestosous

Basiese basiliepesto

Spinasiepesto

Romerige avokadopesto

Watter soort pasta?

Die beste soorte pasta om saam met pesto te geniet is dié wat gekrul is, soos fusilli, cavatappi en enige ander soort pasta met groewe soos penne rigate en pipette rigate. Die sous sal aan die krulle en groewe van hierdie pastasoorte kleef.