• Gebruik dieselfde kas-trol waarin jy die pasta gaan kook en braai die spek, brandrissie en ui tot die spek bros en die ui goudbruin is. Skep uit en laat eenkant staan.
  • Vul die kastrol met water en laat kook die spaghetti tot al dente. Dreineer en skep terug in die kastrol.
  • Skep die spek en ui weer in die kastrol saam met die ertjies, mascarpone- of roomkaas, knoffel en jogurt. Geur mildelik met die sout en peper en voeg die gekapte basilie by. Meng tot die kaas gesmelt het.
  • Sit die pasta voor in individuele bakkies, bedruip met ’n bietjie olyfolie en rond af met die vars basilie.
Wenk
Vir ekstra geur kan jy die spek met pikante Spaanse chorizo-­worsies vervang. Dié staatmakerspaghetti sal gou-gou ’n gunsteling op weekaande word.