• Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt. Voeg die pasta by en kook tot al dente. Dreineer en hou eenkant.
  • Rooster die sonneblompitte in ’n droë pan tot ligbruin. Skep uit en hou eenkant.
  • Skep die pasta in ’n groot bak en voeg die res van die bestanddele by. Geur met die sout en peper na smaak.
  • Sprinkel die sonneblompitte oor en sit warm of koud voor.


WENKE
 
  • Vir ’n weergawe met tuna: Meng 2 x 170 g-blikke tunastukke (gedreineer) by die pasta in pleks van die spek. Maak ook dan ’n romerige sousie vir die pasta deur 60 ml (¼ k) jogurt en 30 ml (2 e) mayonnaise by die suurlemoensap te meng en dan deur die pasta te roer.
  • Vir ’n glutenvrye weergawe: Gebruik 500 g murgpampoennoedels pleks van die pasta. Die noedels kan ook rou geëet word en sal die bereidingstyd selfs nog verkort.