• Skep die gaar spaghetti in borde en skep die vleissous oor.
  • Afronding: Besprinkel met die pecorino en rond af met die basilie.
Grootmaat-bolognesesous

Lewer 3,5 kg bolognese-­sous
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 2 uur

Bestanddele

125 ml (½ k) olie
6 uie, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
3 groen soetrissies, ontpit en in klein stukkies gesny (opsioneel)
6 selderystele, in stukkies gesny
3 kg beesmaalvleis
300 g spinasie, ontstingel en fyngekap (opsioneel)
2 middelslageiervrugte, geskil en in klein blokkies gesny
4 x 400 g-blikke gekapte tamaties of 1,5 kg vars pruimtamaties, ontvel
6 x 50 g-sakkies tamatiepasta
60 ml (¼ k) basilie, gekap
125 ml (½ k) pietersielie, gekap
7,5 ml (1½ t) vars roosmarynblare, gekap (opsioneel)
7,5 ml (1½ t) vars origanum, gekap (opsioneel)
20-45 ml (4-9 t) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
375 ml (1½ k) rooiwyn

Metode

  • Verhit die olie en roerbraai die uie, knoffel, soetrissies, indien gebruik, en seldery in ’n groterige pan of ka­strol tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar maar nie bruin nie. (Breek die vleis op met ’n vurk.)
  • Voeg die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 2 uur.
  • Verdeel die mengsel in drie en gebruik dit om spaghetti bolognese, lasagne en/of moesaka mee te berei. Of vries dit vir latere gebruik.
  • Om te vries: Laat die mengsel goed afkoel. Skep dit in sakkies, druk alle lug uit en maak stewig toe. Vries.
                 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.