• TAMATIESOUS: Verhit die olie in ‘n kastrolletjie en braai die ui, knoffel en brandrissie tot sag en geurig.
  • Voeg die tamaties by en roerbraai vir ‘n paar minute. Druk die tamaties effe fyner met ‘n houtlepel. Voeg die res van die bestanddele by en geur met die sout en varsgemaalde peper na smaak.
  • VIR VOORSIT: Giet die sous oor die pasta en meng goed deur. Sprinkel die kaas oor en skep in bakkies op. Garneer met die basilie en drup van die olyfolie oor. Geur met nog van die sout en varsgemaalde peper indien verkies.