Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ronde 23 cm-losboomkoekpan goed met botter.

  • Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt en kook die spaghetti tot al dente. Dreineer en spoel af.
  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot geurig. Voeg die brandrissies by indien gebruik en roerbraai ’n paar sekondes.
  • Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk en tot die meeste van die vloeistof uitgebraai is. 
  • Plaas die spaghetti in ’n groot mengbak en voeg die spinasiemengsel by. Geur met die sout en peper. Skep die mengsel in die bereide koekpan.
  • Klits die eiers en melk saam en geur met sout en peper. Giet oor die spaghettimengsel.
  • Bak 35-40 min. of tot die eiervla gestol is.
  • Vir afronding Pak die tamatieskywe op die pastei en krummel die feta bo-oor. Bak nog 10 min.
  • Maak die koekpan los en plaas die pastei op ’n opdienbord. Sny in skywe en sit voor.