Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die meel by en roer tot glad en goed gemeng.
  • Voeg die melk en room by en roer om die meelmengsel in te meng. 
  • Geur met die sout en peper en voeg die mosterdpoeier en kase by. Hou aan roer tot die kase gesmelt is en die sous verdik het en glad is (gebruik ’n klitser as dit begin klonterig raak).
  • Verwyder van die hitte en plaas eenkant.
  • Kook die macaroni 10 min, dreineer en plaas in ’n groot bak. 
  • Voeg die hoender-en-kaas-Weense worsies, songedroogde tamaties en Italiaanse kruiegeurmiddel by die macaroni.
  • Geur liggies met die sout en peper en meng. 
  • Voeg die kaassous by en meng goed sodat al die macaroni bedek is. 
  • Meng die cheddar-, mozzarella- en parmesaankaas saam met die broodkrummels in ’n aparte bak. 
  • Skep die macaroni-mengsel in ’n oondskottel en bestrooi met die kaas-en-broodkrummelmengsel.
  • Plaas in die oond en bak 25-30 min. tot die bokant goudbruin is. 
  • Haal uit die oond en sit warm voor, met vars grasuie bestrooi.