Meng die srirachasous, sojasous en suiker in ’n bak en laat staan eenkant.

  • Maak die noedels los in ’n bak met warm water, dreineer en laat staan eenkant.  
  • Plaas ’n wok oor matige tot hoë hitte, voeg die olie by en braai die rooi soetrissie en babamielies 1 min.
  • Voeg die boontjiespruite en sout by en braai nog 1 min.
  • Voeg dan die los noedels saam met die sousmengsel daarby en braai tot al die bestanddele gemeng en deurwarm is.
  • Sit dadelik voor.