Genoeg vir 6 of meer mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur
85 g botter
125 ml (½ k) meel
375 ml (1½ k) melk
knippie neutmuskaat
sout en peper
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
700 g spinasieblare
250 g ricottakaas
300 g stokvis, gaar en gevlok
125 ml (½ k) fyn gerasperde parmesaankaas
300 g droë lasagne-velle
1 Maak ’n witsous: Smelt die botter en meel saam in ’n pan, kook 2 minute en klits dan die melk bietjie vir bietjie by tot die sous glad is. Geur met die neutmuskaat, sout en peper. Lê kleefplastiek direk op die oppervlak van die sous neer tot jy dit gebruik.
2 Verhit die olie in ’n braaipan en braai die ui tot sag.
3 Giet warm water oor die spinasie tot dit verlep en druk dan die vloeistof uit. Kap en voeg saam met die ricottakaas en die vis by die ui. Voeg ’n bietjie witsous en die helfte van die parmesaankaas by die spinasie-en-vismengsel.
4 Voorverhit die oond tot 180 °C.
5 Sprei ’n bietjie sous op die bodem van ’n oondvaste bak uit en bedek met ’n laag spinasie-en-vismengsel. Voeg ’n laag fyngedrukte lasagne-velle by. Herhaal dan die lae en eindig met die sous. Strooi die oorblywende parmesaankaas bo-oor.
6 Bak 50 minute of tot deurgaar en goudbruin bo-op.
- Hope Malau
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET