Voorverhit die oond tot 190 °C en bespuit ’n groot oondbak met kossproei.

  • Bolognesesous: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot geurig. Voeg die knoffel, seldery en wortels by en roerbraai 5 min.
  • Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Roer die tamatiepasta, gekapte tamaties en beesvleisaftreksel by. 
  • Laat die bolognesesous 15 min. prut terwyl jy af en toe roer. Geur met die bruinsuiker, kruie, sout en peper. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
  • Witsous: Smelt intussen die botter in ’n kastrol. Verlaag die hitte en roer die meel by. Roerbraai 30 sek. Giet die melk bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend klits. Laat die sous ongeveer 10 min. oor matige hitte prut of tot dit verdik – hou aan roer om klonte te voorkom.
  • Geur die sous na smaak met die neutmuskaat en sout. Hou eenkant.
  • Afronding: Bring ’n groot kastrol gesoute water tot kookpunt en kook die lasagnevelle in sarsies tot al dente. Dreineer.
  • Smeer ’n laag witsous onder­in die bak en pak ’n paar lasagnevelle bo-op. Smeer van die bolognese­sous oor en herhaal die lae tot die bak vol is en al die bestanddele opgebruik is – eindig met ’n laag witsous.
  • Sprinkel die kaas ruim­skoots oor en bak 30 min. of tot die kaas goudbruin is. Rond af met die basilie­blare.