Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n oondvaste pan of bak byderhand.

  • Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, maar behou 125 ml (½ k) van die kook­vloeistof.
  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel en brandrissie by en roerbraai tot geurig.
  • Voeg die chorizo by, indien gebruik, en roerbraai 5 min.
  • Roer die tamatiepesto en kersietamaties by en laat 10 min. liggies prut – roer af en toe.
  • Voeg die kookvloeistof by en geur die sous met die suiker, sout en peper. Meng die pasta deur en skep in die pan of bak.
  • Afronding: Sprinkel die kaas oor, pak die tamaties, spinasie en spek op en bak 25-30 min. Rond af met die basilie en sit voor.