• Sop: Sprinkel die suurlemoensap oor die vis tot dit bedek is, en sprinkel die knoffel oor. Geur na smaak met die sout en swartpeper. Laat verkoel. 
  • Giet ’n bietjie olyf­olie in ’n groot kastrol; verhit oor lae hitte. 
  • Voeg die ui by; roerbraai tot gaar en sag. Voeg die soet­- en brandrissie by en geur met die paprika. Roerbraai tot sag. Voeg die tamaties by, kook 5 min. en voeg die koljanderblare by. 
  • Skep die helfte van die groente uit, rangskik die vis in die kastrol op die oorblywende groente en geur met nog sout en swartpeper indien nodig. 
  • Voeg die klappermelk by en laat prut 5 min. Voeg die orige groente weer by en laat prut tot warm. Giet in ’n opdienbak en garneer met die orige koljanderblare.
  • Kammanaan: Verdeel die deeg in 8 bolletjies en rol sowat 2 mm dik in ’n traanvorm uit. 
  • Bespuit ’n gietysterpan met kossproei, verhit en braai 1-2 min. per kant tot bruin kolle verskyn. Smeer die knoffelbotter oor en sit voor saam met die sop.
(Van links) Mart-­ Marie Serfontein, Lettie Wolfaardt en Eunice Stoltz het heerlik saamgekuier (en -gekook) in die Wenresep-­ kombuis. Foto: Misha Jordaan

Die Wenresep-kombuis is vandeeswek met die heerlikste geure gevul.

Eunice Stoltz van Groenpunt maak vir ons Maleise hoender­kerrie met roti en Lettie Wolfaardt van Durbanville sit ’n geurige tamatie-en-klappermelk­vissop saam met kammanaan voor.

Vir poeding maak Mart-Marie Serfontein van Stellenbosch Peppermint Crisp-tert.

Eunice se ma het hulle graag met roti bederf, en toe sy in die Kaap kom woon, kon sy nie wag om die Bo-Kaap te verken nie.

Hier het sy by die Bo-Kaapse sjef Faldela Tolker geleer om verskillende Maleise geregte en veral kerrie te maak. 

Mart-Marie vertel sy wou tydens haar brugjaar in Spanje Peppermint Crisp-tert vir haar gasgesin maak, maar kon heelwat van die bestanddele, soos die Peppermint Crisp-sjokolade, nie in die hande kry nie – en die tert was ’n mislukking.

Toe sy dit eindelik regkry, was haar Spaanse gesin gaande daaroor.

Maar dis die resep wat Lettie se broer spesiaal vir haar uit Kanada gestuur het wat vandeesweek as wenresep gekroon word, veral omdat dit so voedsaam is en ’n mens dit lekker vinnig gaarmaak. 

  • Jy Het ’n Wenresep! se uitsaaityd het verander. Dit word van 16 Julie af op Maandae om 17:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.