Voer die bodem en kante van ’n 20 cm-losboomkoekpan met kleefplastiek uit.

  • Verdeel die gelatien in 2 bakkies en bedek elkeen met 45 ml (3 e) water. Sit eenkant om te spons.
  • Voer die bodem en kante van die koekpan om die beurt met die forel en komkommer uit. (Onthou die patroon aan die onderkant sal die bokant van die terrien wees wanneer dit uit die vorm gehaal word.)
  • Laag 1: Plaas die gerasperde komkommer in ’n sif oor ’n bak in die yskas sodat al die vog kan dreineer. Plaas die komkommer, roomkaas, jogurt en dille in ’n mengbak en meng goed. Geur met sout na smaak.
  • Verhit een van die bakkies gelatien 10-15 sek. in die mikrogolf of tot net gesmelt. (Moet dit nie te lank verhit nie.) Meng die gelatien met die komkommermengsel en giet in die koekpan. Verkoel 15 min.
  • Laag 2: Meng die tuna, mayonnaise, jogurt en pietersielie en geur met sout en peper na smaak. Verhit die oorblywende bakkie gelatien soos hierbo en meng goed met die tunamengsel.
  • Smeer die tunamengsel bo-op die komkommermengsel sonder om die twee lae te meng. Vou enige oorblywende komkommerlinte en forel oor die tuna. Bedek die koekpan met kleefplastiek en verkoel verkieslik oornag tot geset.
  • Bruschetta: Voorverhit die oondrooster. Pak die baguette-snye in ’n enkellaag op ’n groot bakplaat. Bedruip die brood met die olyfolie en rooster 5-10 min. in die oond of tot bros en goudkleurig om die kante. Laat die bruschetta heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.
  • Vir voorsit: Verwyder die terrien versigtig uit die koekpan en plaas dit met die forel-en-komkommerkant na bo op ’n opdienbord. Strooi die dille oor die terrien en geur met ’n bietjie swartpeper. indien verlang. Sny in dun “koekskywe” en sit voor saam met die bruschetta en suurlemoenwiggies. 

WENK

Vir ekstra geur kan jy elke sny brood met ’n knoffelhuisie vryf sodra dit uit die oond kom. Die bruschetta werk ook lekker op ’n kaasbord.