Verhit die botter en olyf­olie in ’n pan oor matige hitte.

  • Voeg die ui en knoffel by en braai 2-3 min. of tot die ui sag is.
  • Voeg al die speserye, sout en tamatiepasta by en kook 3-5 min. of tot die speserye van die olie skei.
  • Voeg die garnale by en roer.
  • Gooi die vars room by en kook 3-5 min. sonder die deksel.
  • Verwyder van die hitte en laat rus ’n paar minute om die sous te laat verdik.
  • Strooi die vars koljander oor en voeg ’n skeut suurlemoensap by.
  • Sit voor saam met roti’s of basmatirys.